Anton vermaak intieme gehoor
Met die langnaweek al waaroor die meeste kon dink, het 'n handjievol mense besluit om hulle s'n Woensdagaand by The Pub af te skop.
Die plaaslike sanger Anton het die gehoor met so ‘n paar welbekende treffers vermaak en selfs ‘n blaaskansie geneem om saam met hulle te kuier.

Anton sê sy hele storie het so ses jaar gelede begin toe hy vir die eerste keer by Marlin Pub & Grill gesing het. Vandaar het mense hom leer ken en hy het sedertdien al by byna elke plek wat dit toelaat, opgetree.

LEES OOK: Kinders baat by liefdadigheidsfunksie
Hy is oorspronklik van Pretoria, maar woon al die afgelope 10 jaar in Mbombela. Bedags is hy ‘n rekenmeester en saans sing hy. Maar geen oorsponklike treffers vir dié man nie – hy doen dit omdat dit lekker is en om mense met sy kitaar en mondfluitjie te vermaak.





Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
