Local newsNews

Stokperdjie word perdepassie

Met ’n stokperdjie wat stadig maar seker tot ’n mededingende sport gegroei het, kan Mia Broodryk terugkyk op ’n jaar met groot suksesse op die perdrykalender.

Dié 16-jarige leerder van Hoërskool Lydenburg het gedurende die jaar aan beide South African Showjumping en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Nasionale Ruiterskole se gegradeerde perdesportskoue deelgeneem.

“Ek en my perd, Roxy, is reg vir 2022. Dit gaan ‘n groot jaar vir ons wees. Tydens die Covid-inperking verlede jaar kon ons nie aan sport by die skool deelneem nie. Daarom het ek al hoe meer op my perdry begin fokus. Baie dankie aan my afrigter, Hanelize Kamffer, vir al haar moeite. Sy is saam met ons opgewonde oor volgende jaar,” het Mia gesê.

Mia Broodryk op haar perd, Roxy.

Tydens die Mpumalanga Skole Perdrykampioenskappe vanaf 5 tot 7 November op eManzana (Badplaas), het sy op die laaste dag ’n eerste plek in die kampioenskapklas behaal. Hier het sy ook soos volg presteer: 11de plek in die 80 cm-hindernisklas, eerste plek in die 90 cm-hindernisklas en agtste in die 100 cm-hindernisklas. Sy het deur die jaar aan 11 skoue deelgeneem.

Lees ook: Geskiedenis is die fondamente waarop dorp gebou is

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button