Local newsNews
Rusoord sluit jaar met geliefdes af
Die Lydenburg Rusoord Tehuis vir Bejaardes se inwoners het hul vriende en familie genooi om die Kersgeselligheid in Desember saam by te woon.
Oudergewoonte was dit ‘n heerlike gesellige funksie en vir die inwoners is geskenke uitgedeel.
Past. Thinus Rademeyer het met gebed geopen en Karin Steenekamp, die raadvoorsitter, het die bedankings behartig.
Rusoord kan die gemeenskap, vrywilligers en personeel nie genoeg bedank vir hul ondersteuning en harde werk in 2021 nie. Hulle wil die borge wat met die Kersfunksie gehelp het nie individueel uitsonder nie, want daar is te veel om op te noem.
“Die jaar het sy uitdagings gehad, maar ons kan met trots terugkyk na ‘n 2021 vol seën. Mag 2022 ook soveel vreugde vir die Rusoord-familie inhou,” het Lydia Niemand, die bestuurder, gesê.
Lees ook: Vloed van 20 jaar gelede onthou










At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
