Hard newsNewsNews

Groot terugslag vir Lydenburg se dappere moyamoya-lyer

Ilana se gesondheid het reeds op Kersdag 2021, ná ’n massiewe beroerte, begin verswak

lana Thomas (12), ‘n dogter met Down se sindroom, het die afgelope paar weke honderde miniberoertes gehad.

Sy het aanvanklik eers op 24 November ’n
massiewe beroerte by haar ouerhuis gehad.
Sy is tans in die StepMed Rehabilitasie￾sentrum in Mbombela, waar sy herstel en weer met arbeidsterapie en rehabilitasie begin het.

Metgeselle na troue sit beste voetjie voor in Pretoria

Haar ouers, André en Elaine, hoop dat sy teen 23 Desember ontslaan sal word.
“Ilana voel nie lekker nie. Sy sukkel met
kwaai hoofpyne en is emosioneel heeltemal
onstabiel. Die oefeninge put haar ook baie
uit. Wanneer sy ontslaan word, sal ons ‘n
elektriese badstoel en ’n nuwe voetstuk vir
haar voet benodig. Sy het nog meer verswak
na die laaste beroerte, en het nou nog meer
hulp met die kleinste dingetjies nodig as
voorheen. Ons bid en vertrou dat die Here
sal voorsien om die pad vir haar makliker te
maak,” het Elaine gesê.

Ilana Thomas (12) is tans in StepMed Nelspruit.

 

Die eerste breinoperasie het op 24 Januarie plaasgevind. Tydens die operasie is ’n direkte hervaskalusasie￾breinoperasie by die Unitas Hospitaal in Pretoria uitgevoer.

Sy is sedert Januarie, ná die operasie en eerste beroerte, aan die linkerkant van haar lyf verlam.
Toe die spesialiste by Unitas vir Ilana met moyamoya-sindroom diagnoseer, het ’n pad van drie maande se hopitalisasie begin. Dit is ’n sindroom wat bloedtoevoer na die are in die brein afsny en die are vernou.

Ilana was nie net vir bykans ses weke in Unitas nie, maar is later na Mediclinic Nelspruit en StepMed Nelspruit oorgeplaas.

Ná verskeie berigte in Steelburger/Lydenburg Nuus deur die loop van die jaar, het die Gophers-gholfspelers vir haar ’n rolstoel en ’n loopring gekoop waarmee sy kon leer loop.

Ilana is ’n leerder by die Estralita Spesiale Skool in Lydenburg. Alhoewel sy minder gereeld kon gaan, het haar ma haar steeds soontoe geneem om haar maats te groet.

Indien Ilana se herstel bevredigend is, sal sy weer volgende jaar agter die skoolbanke kan inskuif.
Van Estralita se personeel en die sosiale komitee het op 9 Desember vir Ilana by StepMed gaan kuier.

“Ilana het só verswak. Ons het haar spiertonus opgebou en hierdie afgelope paar maande by die huis aan haar rehabilitasie begin werk.
Dit is nou alles tot niet. Ons gaan weer van voor af begin om haar te leer mobiliseer. Dankie vir almal se gebede en ondersteuning. Ek en André kan dit nie alleen doen nie, en die pad lê nog lank en onseker voor ons,” het Elaine gesê.

Die familie het finansiële bystand nodig vir doeke, die nodige elektriese badstoel en ander items. Skakel 076 514 9480 indien jy wil help.

Lees ook:

 
Back to top button