Die Heuwels Fantasties en JR reik splinternuwe musiekvideo uit!
Die Heuwels Fantasties se vyfde album, OKAY!, is op 5 Mei 2017 uitgereik en aanhangers kan nie genoeg kry nie!

Een van die eerste enkelsnitte op die album wat reeds op radio gehoor kan word is die liedjie Koeëlbaai in samewerking met die bekende kletsrymer, JR. Dié liedjie se musiekvideo is ook pas vandag bekendgestel.
Die Heuwels Fantasties ft. JR – Koeëlbaai se video is hier! RT asb! https://t.co/Ks2l2JLu6d
— Die Heuwels Fantasties (@DieHeuwels) May 20, 2017
“Koeëlbaai is ‘n spesiale liedjie vir ons”, vertel Hunter Kennedy. “Janine Neethling het die klavier meesterlik bespeel en sodoende vir ons die maatstaf verhoog. Dit is ons almal se gunsteling liedjie op die album.
Dit vat ons manifes vir die album goed saam. Eenvoud. Ongerepeteerde emosie. Organies. Ons het vir JR gemis en gedink dat die liedjie ‘n kort kletsrym vers nodig het. Hy is die beste en sy geniale sin vir melodie het die liedjie na verdere hoogtes geneem.

Vir my persoonlik is daar wel ander vlakke aan die liedjie en gaan dit oor versoening, oud raak en aanhou, al voel dit asof alles ineenstort”.

OKAY! is nou landswyd beskikbaar by alle goeie musiekwinkels op iTunes. Die album en Vinyl kan ook by www.suprashop.co.za bestel word.


