ATKV bring-en-braai
Die Laeveldtak van die ATKV hou Vrydag 23 Maart 'n bring-en-braai by Mafunyane Waterpark.

Die doel daarvan is om gemeenskapsamehorigheid te bevorder en hulle aktiwiteite aan belangstellendes bekend te stel.
Die ATKV bevorder sedert 1930 die Afrikaanse kultuur en belange van die taal, en wat is meer eg Suid-Afrikaans as ‘n heerlike bring-en-braai?
Hierdie Afrikaanse kultuurtuiste het tans ongeveer 70 000 hooflede en 30 projekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.
Buiten hul ernstiger werk, skroom lede egter nie om ook die lekkerte van Afrikaanswees met mekaar te deel nie. ‘n Ieder en ‘n elk is dus uitgenooi na die braai in Mbombela.
Die organisasie is lank reeds bekend vir sy sewe asemrowend mooi vakansieoorde oor die lengte en breedte van die land waar lede teen afslag kan uitspan.
Om meer te leer oor die voordele van aansluiting, moet nie hierdie braai misloop nie. Dit begin om 18:00 en sal so teen 22:00 klaarmaak. Braavleisvure, pap en sous en broodrolletjies sal voorsien word.
Toegang is gratis. Om jou kaartjie te bekom, kontak Anita by
082-333-8364, Zelda by 083-280-2498 of Ria by 082-898-7511.
