Hard newsLocal newsNews

KYK: Legendariese Piet Botha kom rock in die Laeveld

Die eerste BosRock vind op 6 Oktober by Kwanyoni Lodge plaas.

MBOMBELA – Piet Botha is amptelik legendaries. Wat hierdie een rocker vir Suid-Afrikaanse rock oor die algemeen, en Afrikaanse rock spesifiek, gedoen het, het juis die vorming van Die Ruiters van die Nag geïnspireer.

Hierdie einste Ruiters headline eersdaags by BosRock, die enig-in-sy-soort, harde ou-skoolse rock-konsert wat in die geliefde Laeveld aangebied word.

LEES MEER: Bosrock Festival – Nelspruit

Die Ruiters van die Nag is elektriese kitaarspelers Botha, Mel Botes, Valiant Swart, Robin Auld en, by BosRock, die Akkedis-broers Arthur en Rudolph Dennis. The Black Cat Bones gaan saam kom rock. Mbombela-boorling Jonathan Peyper en die plaaslike gunstelinge Gibraltar en Goat N Hare gaan ook hulle ding op die verhoog doen.

Hulle bied vir seker verskei-denheid, maar meer belangrik, kan konsertgangers hulle regmaak om behoorlik op rock trakteer te word met die groepe se eie liedjies – en covers.

Botha het vanjaar Die Middernagtrein vrygestel, sy eerste Afrikaanse aanbieding in sewe jaar. Soos BosRock, is Die Middernagtrein ou skool.

“Ons het aanvanklik nie beplan om hierdie album so heavy te maak nie. Die songs was almal op ‘n akoestiese kitaar geskryf, maar die hele band het vroeg in die opneemproses al besluit om die album te vul met sleutelveranderinge en baie kitare. Dit het maar net daarheen gelei.”

Nou speel hy wanneer die logistiek dit toelaat, saam met die Ruiters. “Elke ou doen basies sy show en elke nou en dan speel ons saam. Ek sien baie uit daarna.”

Aanhangers kan op hulle beurt uitsien na nuwe goed van Botha – op sy Fender Stratocaster.

BosRock vind op 6 Oktober by Kwanyoni Lodge plaas, van 12:00 tot laat. Mahindra Nelspruit is die hoofborg. Botes se Storm Produktionz reël die musikante. AVS Hire, Harley-Davidson Big Five, Moroccan Barber en Panarottis i’langa is ook betrokke.

Hoewel die venue pragtig, intiem en classy is, hoef konsertgangers nie die hele pad self te ry nie: parkeer gratis by i’langa Mall en ry teen slegs R20 per persoon met Citybug na Kwanynoni en terug, net wanneer dit jou pas.

KYK

Konsert-kaartjies is by Computicket beskikbaar en beloop tussen R100 en R300. Moenie hierdie unieke klassieke hardebaard-rockkonsert misloop nie.

Klik op die logo om Computicket se webtuiste te besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button