Hard newsLocal newsNews

Apie met ‘n windbuks in Mbombela doodgeskiet

Die diertjie is inderhaas na The Vets@66 geneem, maar het later in hulle sorg gevrek.

MBOMBELA – ‘n Inwoner van West Acres se poging om ‘n blouaap van ‘n gewisse dood te red, was onlangs tevergeefs.

Die aap, wat vermoedelik verlede week met ‘n windbuks geskiet is, is dae na die voorval deur Shan Paton opgemerk. Paton, ‘n inwoner van Kwartsstraat was besig om haar tuin nat te lei toe sy die apie onder ‘n tafel op haar stoep sien sit. “Hoewel daar geen sigbare wonde was nie, kon ek duidelik sien dat hy beseer is en besig was om dood te gaan,” het Paton gesê.

Die diertjie is inderhaas na The Vets@66 geneem, maar het later in hulle sorg gevrek. X-strale het getoon dat soveel as drie windbukskoeëls moontlik die oorsaak daarvan was.


“Wat jy gedoen het is nie net sinneloos nie, maar ook onwettig,” het Greg Mitchel, mede-eienaar van DIY Wild, ‘n rehabilitasiesentrum in eManzana (Badplaas) op Facebook geskryf. “Ons is moeg vir mense wat dink dit is aanvaarbaar om so wreed te wees, sonder nagevolge.”

Mitchel en sy span het intussen oorlog verklaar teen die onbekende persoon wat die skote afgevuur het. Hy is dit eens dat die apie drie dae lank gely het voor hy deur Paton gekry is.

“Ek verstaan dat hulle ‘n pes kan wees, en hulle het al meer as eenkeer vrugte en groente uit my kombuis gesteel,” het Paton gesê. “Die pyn en lyding in die apie se oë, sal my altyd bybly,” het sy bygevoeg.

Enige ooggetuies word versoek om Mitchel by 082-487-9270 te skakel.

Kyk hierna: When a lion tries to hitch a ride

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button