Hard newsLocal newsNews

Ongeluk net buite Malelane eis lewe van inwoner

De Wet du Plessis (33), 'n werknemer van Laeveld Trekkers, is Dinsdag net na 16:00 dood toe sy voertuig op die N4 net buite die dorp met 'n Buscor bus gebots het.

MALALANE – Verkeer het Dinsdagmiddag vir kilometers opgehoop op die N4 buite Malelane, nadat ‘n ligte voertuig met ‘n bus gebots het.

Volgens ooggetuies het die bus gestop om passasiers op te laai en De Wet du Plessis, ‘n inwoner van Malalane, kon nie betyds uitswaai nie.

Swift EMS, Securicon Lowveld EMS, verkeerspolisie en SAPD lede het die toneel beveilig en verkeer herlei.

Forensiese patoloë is ingeroep om die lyk te help verwyder.

Geen ander beserings is aangemeld nie.

Verkeer is ontwrig totdat die toneel rondom 18:30 opgeruim is.

Buscor het op navrae oor die ongeluk gereageer en hul innige meegevoel met Du Plessis se familie betuig. Die maatskappy het ook alle motoriste gemaan om die pad verantwoordelik te gebruik.

Du Plessis se familie het die volgende huldeblyk aangestuur:

De Wet du Plessis

“De wet, ons broer, ons pappa, vriend en kind.
Jy het die wêreld om jou met liefde en vreugde gebind.
Jy het altyd die positief en mooi in die lelikste gevind.
Jou gelukkigste plekke was jou familie, Kerry, koffie en die viswaters.
Jy kon ‘n vis lok met ‘n wattebol op jou hoek.
Nou is jou vlerke hoog versprei, 
jy reg om die volgende viswaters te soek.
Rus in vrede Boesman, ons sal jou in ewigheid mis en met ons harte ly. 
Sprei jou mooi vlerke en vlieg vry.”

Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button