Hard newsLocal newsNews

Komati se swemmers verbeter ses rekords

Komatipoort Akademie se swemmers Donderdag het die seisoen in die skoolswembad met uitstekende prestasies afgeskop.

Hoewel slegs omtrent 15 persent van Komatipoort Akademie se leerlinge aan die skool se interhuisgala deelneem, het die groep verlede Donderdag ses rekords verbeter.

Die o/9-kruipslag staan nou langs Richard Small se naam en Corbin Visage het kruipslag vir o/15 ingepalm. Zarlia Engelbrecht het vier rekords vir dogters o/15 in wisselslag, borslag, vlinderslag en rugslag opgestel.

Richard Small.

Die victrix en victor ludorum vir die dag was:

• Gr. 1 tot 3: Siegwon van Dyk. Kari Bekker en Ydene Smit het die dogterbeker gedeel.

• Gr. 4 tot 7: Kobus Lourens. Christn Engelbrecht en Amé Bekker het ook hierdie ouderdomsgroep se beker gedeel.

• Gr. 8 tot 10: Corbin Visage en Zarlia Engelbrecht die victrix.

• Seniors: WG Engelbrecht.

Corbin Visagie

Die swemmers sien daarna uit om teen die ander skole te swem.

LEES: Komaties atlete swem en draf teen SA se bestes

Waardering word weer eens gebring aan die plaaslike swemklub vir die ontwikkeling van die talent van Komatipoort Akademie se swemmers. Al die wenners is lede van die Komatipoort Swemklub, waar Stephan en Kate Kuhn die afrigters is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button