Hoërskool Bergvlam beloon matrieks vir vyf jaar se harde werk
Die matrieks het ook elkeen die geleentheid gehad om die seremonieklok te lui as simbool van hul tyd by Bergvlam en om die vyf jaar wat hulle in die skool was, af te sluit.

Tydens ‘n onlangse glansgeleentheid by Hoërskool Bergvlam is daar afskeid geneem van die matrieks van 2020.
Die geleentheid het op die paviljoen plaasgevind waar ps. Shaun Adams, wat die afgelope vyf jaar reeds met elkeen vandie 188 matrieks ‘n pad gestap het, die verrigtinge begin het met skriflesing en sy eie boodskap aan dié besonderse groep leerders.

LEES OOK: Virtuele skouspel ‘n eerste vir Hoërskool Bergvlam
Hy het gesê dat 2020 onthou sal word as die jaar waarin hulle matriek geskryf het en dat hulle hierdie jaar oorleef het, wat beteken hulle is reeds sterker as wat hulle self besef.
Yolandie O’Reilly het die seremonieaankondigings behartig waarna die graadvoog, Vanessa Esterhuizen, die leerders toegespreek het en hulle herinner het aan die afgelope vyf jaar se hoogtepunte.

LEES OOK: Hoërskool Rob Ferreira-leerlinge vaar goed by kunskompetisie
Die matrieks het ook elkeen die geleentheid gehad om die seremonieklok te lui as simbool van hul tyd by Bergvlam en om die vyf jaar wat hulle in die skool was, af te sluit.
Toekennings is ook tydens die geleentheid uitgedeel. Die hoofleiers van 2020, Lebogang Mokoena en Bonga Ndlovu, het die skoolvlag aan die leiers van 2021, Thando Bhembe en Zweli Zikalala, oorhandig.

LEES OOK: FOTO’S: Laevelders geniet die samesyn by verskeie boeremarkte
Die visepresidente, Erize de Lange en Braam Vermeulen, het die vaandels oorhandig aan die nuwelinge, Anja Smit en Theo Bardenhorst, wat die vaandeldraers tydens amptelike seremonies sal wees.
Mintirho Mashaba het die ubuntuwaardevlag aan Christo van der Walt oorhandig.
