Care Buddies sorg vir heerlike Kersfees-bederf
Die Care Buddies het op 20 November hul Kersfees-draai by Pumalanga Aftreeoord gemaak.

Hier het hulle vir die 13 bejaardes van die intensiewesorgeenheid ‘n teemaaltyd (high tea) aangebied.
“Aan die einde van elke jaar gee ons vir hulle so ‘n soort Kersete, maar hierdie jaar het dit sleg gegaan omdat ons nie daarvoor kon fondse insamel nie. Daarom het ons besluit ons gaan hulle lekker met ‘n teemaaltyd bederf,” het Meisie Barnard, Care Buddies-voorsitter gesê.

LEES OOK: Bergvlam-leerder sterf in motorongeluk

Daar is vir elkeen ‘n geskenkie gegee en rustige musiek het gespeel terwyl die aankoms van ‘n ponie afgewag is. Verlede jaar was die honde van die hondeskool glo die bederf.

“Jy kan nie glo wat dit vir hulle beteken nie, dis ongelooflik. Hulle mag nie hulle diere saambring na die tehuis nie, so hulle geniet die honde verskriklik baie.
LEES OOK: Liefdadigheid én leed by Barberton DBV
“Ons Care Buddies kuier een keer ‘n week by die siekeboeg vir omtrent ‘n uur, dan gaan ons by die kamers om.

“Ons bring vir hulle koek en ‘n sjokolade en gesels met hulle. Suzette lees vir hulle net om hul aandag ‘n bietjie af lei en dit vir hulle lekker te maak,” het Barnard vertel.


