IN FOTO’S: Steve en ander versit berge vir kankerpasiënte
Moving Mountains, 'n organisasie wat geld insamel om kankerpasiënte by te staan, het sowat twee weke gelede 'n privaat vertoning deur Steve Hofmeyr by Die Stoor net buite Mbombela aangebied.

‘n Organisasie vir persone met ‘n belang by die behandeling en voorkoming van kanker – dit is hoe Moving Mountains hulself beskryf.
En wat hulle onderskei van ander is die feit dat hulle op individue fokus. Hulle reël dikwels vertonings om geld in te samel.

Na afloop van ‘n driegangmaaltyd, het Hofmeyr die gehoor vermaak met treffers van Neil Diamond, Al Debbo, Elvis en vele meer. Hy het ook van sy eie liedjies gesing.

Die organiseerders het alle borge bedank wat die aand ‘n werklikheid gemaak het en ook die 204 gaste wat die geleentheid ondersteun het.

Sou iemand graag die organisasie wou kontak, kan hulle ‘n e-pos stuur aan info@movingmountains.org.za of 082-410-7779 skakel.









