Local newsNews

Luilekker Sondag by The Blue Gate

Ten spyte van die Laeveldse hitte, was die vertoning deur Rocco de Villiers 'n reusesukses.

Op die laaste Sondag in Oktober het Rocco de Villiers sy lyf kom Laevelder hou tydens ‘n optrede by The Blue Gate.

Vanessa Roets, organiseerder van die geleentheid, het gesê die middag was ‘n reusesukses. 

> Foto’s: Christiaan Nolte

De Villiers het om 12:00 afgeskop met die vermaak terwyl gaste kon smul aan onder meer pizza en wyn op ‘n spesiale aanbieding.

“Daar was byna 70 mense. Dit was ‘n baie rustige, intieme vertoning en Rocco het dit baie geniet. Hy het net verskriklik warm gekry!

“Ten spyte daarvan was dit ‘n heerlike Sondag-middagkuier,” het Roets gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button