Bateleur Landgoed kry nuwe lewe met Kersmark
Plaaslike kunstenaars en kleinsakeeienaars verdien die gemeenskap se ondersteuning soos die Kerstydperk aankruip, en dit was presies wat die geleentheid gebied het.

Bateleur Landgoed se Kersmark is Saterdag goed ondersteun deur inwoners. Verrigtinge het om 09:00 begin en ‘n verskeidenheid handgemaakte goedere is hier aangebied.
Vir koffieliefhebbers het Wild Thyme-restaurant op die perseel ‘n vars pot aan die broei gehou en smullekker versnaperinge aangebied.
Vir die kleingoed was daar ook talle stalletjies wat speelgoed vertoon het terwyl ouers die kunswerke besigtig het.

LEES OOK: Mustangs beplan groot dinge vir Desember
Hoewel die weer ‘n bietjie nat was, kon uitstallers na binne die ontvangsperseel skuif en die Kersmark aan die gang hou.
Daar was talle besoekers wat tussen die stalle beweeg het terwyl hulle aan die lekkernye wat te koop was, gepeusel het.
Sedert die inperking is Laevelders gretig om te kuier, en hierdie Kersmark was die perfekte geleentheid vir hulle om Bateleur Landgoed se natuurskoon te bewonder en om met ander te kommunikeer na ‘n lang tyd van alleen wees.

LEES OOK: IN FOTO’S: Steve en ander versit berge vir kankerpasiënte
Plaaslike kunstenaars en kleinsakeeienaars verdien die gemeenskap se ondersteuning soos die Kerstydperk aankruip, en dit was presies wat die geleentheid gebied het.

LEES OOK: CANSA-debutante hou uithalerfunksie
Die rye skilderye wat uitgestal is, was ‘n lewende testament van die kreatiewe gees wat so eie aan die Laeveld is. Om te sien hoe die jonger markbywoners die kunsstukke bewonder, was beslis ‘n hoogtepunt.
