Local newsNews

Neem deel aan Mbombela se Geloftefees

Die Gelofte-feeskomitee van Nelspruit bied vanjaar die 182ste herdenking van die Geloftefees op Woensdag 16 Desember by die NG Kerk-Suidgemeente in Ehmkestraat, aan.

Die verrigtinge begin stiptelik om 09:00.

Ds. JZ de Jager van die NG Kerk Nelspruit Moedergemeente gaan die diens lei en Leon du Plessis gaan die Gelofte-revue aanbied.

Daarna sal ‘n algemene jaarvergadering plaasvind waar, onder andere, nuwe lede tot die komitee verkies gaan word.

Almal wat hulle met die Bloedriviergelofte van 1838 vereenselwig, word uitgenooi om hierdie feesvieringe by te woon. Covid-19-regulasies geld.

Navrae: Diederick Scholtz by 082-400-1360 of Hugo de Beer by 082-335-5508.

LEES OOK: Kunstenaars bring hedendaagse Kersverhaal op die planke

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button