Local newsNews

KYK: Gretha Wiid praat Laeveldse vroue nuwe moed in

Saam lag en mekaar inspireer was Gretha Wiid se hoofdoel met haar "Brandstofinspuiting vir jou Vrouehart"-toespraak Maandagaand by die Nelspruit Gemeenskapskerk. 

Vroue van die Laeveld het saam geluister na Wiid se wyshede en getuienis oor hoe sy self deur ‘n moeilike jaar geworstel het. “Dit is ongelooflike bedreigende tye waarin ons vandag lewe,” het sy gesê.

“Ek wil julle almal aanmoedig om dankbaar te wees vir julle reis en om goed genoeg te raak vir julself.” Wiid het die aand afgelsuit met dié woorde: “Hou jou kop hoog, want jou storie is nie verby nie”.

LEES OOK: Neem deel aan Mbombela se Geloftefees

Tydens die aangeleentheid het vroue ook die kans gehad om haar DVD’s, CD’s en parfuum te koop en om self met haar ‘n geselsie aan te knoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button