Local newsNews

Nellies presteer tydens ‘nuwe normaal’

Laerskool Nelspruit is een van talle skole in die Laeveld en dwarsdeur die land wat geraak is deur wat menigte as die "nuwe normaal" ag.

Die Covid-19-pandemie het beslis ‘n paar negatiewe gevolge gehad wat sekere norme en standaarde beïnvloed het.

Laerskool Nelspruit is een van talle skole in die Laeveld en dwarsdeur die land wat geraak is deur wat menigte as die “nuwe normaal” ag.

As gevolg hiervan het die skool vanjaar slegs die volgende toekennings vir sport gegee: Beste prestasie in sport Atletiek: Beste individuele prestasie deur ‘n senior atleet:

Die wenner word bepaal deur na die beste individuele prestasie van atlete te kyk. Daar word eers gekyk na nasionale, en dan provinsiale deelname.

Media Dux Rohann Schultz en Arrie Henn.

LEES OOK: Dans- en drama-produksie vier die seisoene van die lewe

Met gr. 4- tot 7-leerders word dit gedoen op grond van hul hoogste prestasie op provinsiale of nasionale vlak. Die Athletics South Africa-tabel word gebruik.

Beste prestasie in atletiek deur ‘n junior atleet: • Dogter: Jessica Badenhorst • Seun: Dandré Louw

Beste prestasie in atletiek deur ‘n senior atleet: • Dogter: Simoné Lourens • Seun: Vaughn van Zyl

Sportdogter van die jaar, Kiara Craven en Arrie Henn.

LEES OOK: Gretha Wiid praat Laeveldse vroue nuwe moed in

Sportseun/sportdogter 2020:

Hierdie toekenning gaan aan ‘n seun en dogter wat sedert hul gr. 4-jaar voldoen het aan die kriteria vir sport, om dan uiteindelik in hul gr. 7-jaar aangewys te word.

• Sportdogter vir die jaar: Kiara Craven

• Sportseun vir die jaar: Vauhgn van Zyl

Sportseun van die jaar en senior atletiek, Vaughn van Zyl en Arrie Henn.

LEES OOK: Neem deel aan Mbombela se Geloftefees

Vaktoekennings vir gr. 7:

• Afrikaans eerste addisionele taal: Kurt Boshoff, 76 %
• Engels-huistaal: Natalie Kruger, 87 %
• Lewensoriëntering: Katinka de Ruiter, 99 %
• Sosiale wetenskap: Kiara Craven, 94 %
• Ekonomiese en bestuurswetenskappe: Kiara Craven, 97,8 %
• Natuurwetenskap: Kiara Craven, 99 %
• Engels eerste addisionele taal: Rohann Schultz, 95 %
• Afrikaans-huistaal: Rohann Schultz, 93 %
• Wiskunde: Rohann Schultz, 97 %
• Tegnologie: Rohann Schultz, 95 %
• Kuns en kultuur: Rohann Schultz, 99 %
• Duxleerling: Rohann Schultz.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button