Local newsNews

IN FOTO’S: Pastoor Louis buite Mediclinic ontvang

Met 47 dae in Mediclinic Nelspruit agter die rug is past. Louis Jordaan van die Vollies Familie Kerk sowat 'n week gelede oorgeplaas na M-Care Nelspruit waar hy nou verder aansterk na sy stryd teen Covid-19.

Lede van die kerk het hom luidkeels buite die hospital ontvang en was duidelik verheug oor die verbetering in sy gesondheid. Jordaan se vrou, Bridget, was deurentyd aan sy sy en kon al die betrokkenes nie genoeg bedank nie, van Mediclinic-personeel tot elke gemeentelid.

“By M-Care gaan hulle fisio- en arbeidsterapie doen en hy gaan heeltemal reg wees.” Die verwelkoming buite die hospitaal het hulle heeltemal oorweldig en Bridget sê dit was absoluut ongelooflik.

“Maar in alles weet ons dat dit die Here is. Dit is rêrigwaar gebed van honderde mense regoor die wêreld. Ons gemeente, ons streek; dit is net asemrowend. Ons dorp.

“Ons is nou juis besig om geskenke te maak vir die hospitaal. Hierdie personeel is ongelooflik. En ek wil net hê die Here moet die eer kry.”

LEES OOK: Newborn baby hippo caught on camera in KNP

Die woordvoerder vir die hospitaal, Robyn Baard, het ook gesê dat dit ‘n seëning is dat Jordaan dit deur hierdie reis gemaak het.

“En die hospitaalpersoneel is so oorweldig daardeur om net so ‘n bietjie erkenning te kry. Daar is goeie en gawe woorde wat nou uit die gemeenskap begin kom, en ondersteuning en liefde. Dit is ongelooflik vir ons as personeel en ons is geseënd met die ondersteuning van die gemeenskap.

LEES OOK: Adopt, don’t shop, pleads Nelspruit SPCA

“As ons partykeer iets doen wat effens van die pad af is, is ons jammer en vra ons om verskoning daarvoor. Maar mense moet weet ons probeer werklik ons beste met alles wat ons doen. Ons mense is moeg, uitgeput. Al wat ons vra is die gemeenskap se ondersteuning.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button