Local newsNews
Westergloed Gemeente hou mini-basaars om fondsinsameling moontlik te maak
Aangesien Covid-19 gesorg het dat weinig geleenthede mag plaasvind, het die Westergloed Gemeente hul jaarlikse basaar in gedeeltes opgebreek.

Daar word nou elke Vrydag ‘n “mini-basaar”, soos die kerk dit noem, gehou om steeds fondsinsameling moontlik te maak.
Die gemeente en die publiek word uitgenooi om elke Vrydag, vir die volgende vier Vrydae, ‘n wegneemete te koop of te bestel.

Wanneer dié tussen 16:00 en 17:30 afgehaal word, kan die tafels met wit olifante ook besoek word vir enige interessanthede.
Daar is ook tuisgebak, lekkergoed en skattejag-kaartjies te koop.
LEES OOK: Prioritise your health this World Cancer Day
Om kos te bestel, kontak gerus 013-741-1355 of 082-335-4435.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
