Local newsNews

Lydenburg: koudste in 35 jaar

Rekords het gespat en die publiek was dit eens dat dit definitief baie kouer as gewoonlik was.

Dit was nie hul verbeelding nie. Die laagste temperatuur oor die afgelope 35 jaar is op Vrydag 23 Julie aangeteken. Vyf-en-dertig jaar gelede was die rekord -3,2 grade Celsius, en dit het verlede week verder gedaal na -4,2 grade Celsius.
Die Weerdiens het gesê daar is 19 rekords gebreek vir die laagste temperatuur wat nog ooit in die land aangeteken is.

Monica Walkenshaw met yskristalle in hul tuin.

Belfast en Ermelo se temperatuur was -5,1 grade Celsius; dit was 27 jaar gelede -4,1 grade Celsius, nog ‘n rekord. Johannesburg was die koudste in 61 jaar met ‘n nuwe rekord van -7 grade Celsius. Kimberley het die koudste minimumtemperatuur van -9,9 grade Celsius aangeteken.
Koos en Erica Smit van Badfontein het foto’s geneem van hul spilpunte wat gevries op die landerye staan. Ander lesers het ook ysige foto’s gedeel.
Die Weerdiens het die opeenvolging van koue fronte in die dele van die land voorspel. Dit het die Donderdagaand in sommige gebiede tot onder vriespunt gedaal. Donderdag was amptelik die koudste nag in die land. Dele van Suid-Afrika was vandeesweek onder sneeu bedek na bitter koue toestande.
Die weervoorspeller Lulama Pheme het gesê dat hoër temperature later hierdie week verwag word.
“Die verwagting is dat die temperatuur steeds koud sowel as koel oor die Laeveld sal wees. Maar die res van die land is nog steeds koud. Die minimum sal na verwagting baie laag wees,” het Pheme gesê.

  • Ander lesers het ook foto’s gedeel. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button