Local newsNews

Lydenburg wen gholfkampioenskappe

Die Lydenburg Gholfklub se A-span het geskiedenis gemaak deur die eerste Laeveld-span te word wat ’n Mpumalanga-finaal op ’n hoëveldbaan gewen het.

Die spelers moes bibberende koue weer trotseer, maar dit het nie hul ywerigheid gedemp nie. Die finaal het by die Middelburg Country Club op Saterdag 24 Julie plaasgevind. Die baan is in ‘n puik kondisie en het die spel vlot laat verloop.
Frans Labuschagne het uitmuntende gholf gespeel. Kobie Pruis en Thys Cronje moes hard veg tot op die laaste gat om hulle pot te halveer. Die finale telling was 5-3 in Lydenburg se guns teen Bethal. Die Lydenburg-gholfers het na hul oorwinning op Saterdag 17 Julie teen Kambaku A van Komatipoort na die finale deurgedring. Die span bedank graag Zizwe as hul borg.

Die Lydenburg A-gholfspelers. Voor: Kobie Pruis, Bert Griesel, Jaco Coetser (spankaptein), Arthur Steynfaard, Coenie du Preez, (agter) Thys Cronje, Luan Swart, Jacques Mulder, Christiaan Willemse, Kerneels Muller, Slim Smit en Lappies Labushagne.

Lees ook: Landsdienslede touwys gemaak met eerstehulp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button