Local newsNews

Dames geniet samesyn met afsluiting

Die Vroue Landbou-unie (VLU) bied aan elke vrou ‘n wonderlike geleentheid om haar uniekheid en talente uit te leef!

Die VLU se Hibiscustak het op Woensdag 1 Desember sy jaarafsluiting by Fixation, Imbali Tuinsentrum, gehou.

Die lede geniet die streekskonferensie te Dullstroom vroeër vanjaar. Van links voor Christie Havenga, Heleen de Bruyn en Elsie Coetzee; agter Karen Smit, Annatjie Stoltz, Ansie Botes en Heather Aspeling.

Die VLU is ‘n organisasie wat hulself beywer om aan vroue geleenthede te bied om hulself te verryk op alle terreine van vrouwees sodat sy ‘n bydrae kan lewer tot haar gesin en die gemeenskap. Die organisasie is nie-polities, nie-sektaries, tweetalig, en oop vir alle vroue bo 16 jaar tot 116 jaar!

Om in die nuwe jaar deel te wees van die Hibiscustak in Lydenburg, WhatsApp asb.  Heather Aspeling by 072 288 9383.

Lees ook: Dinamiese praktyk sorg vir wye glimlagte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button