Local newsNews

Laeveld verloor André Serfontein, ‘n avonturier en groot familieman

André Frederik Serfontein is op 21 Desember oorlede. Almal het hom geken as die groot avonturier wat sy familie en vriende as prioriteit deur dik en dun gesien het. Hy het ‘n passie vir baie dinge gehad en het nooit halfhartig deur die lewe gegaan nie.

André Serfontein het op die ouderdom van 34 tot sterwe gekom. Hy was ‘n pa, ‘n broer en ‘n seun. Dié ysterman met ‘n sagte hart het geen bang haar op sy kop gehad nie.

Hy het sedert 1997 in die Laeveld gewoon en was in sy vrye tyd ‘n suksesvolle fotograaf, ‘n geharde motorfietsryer wat aan kompetisies deelgeneem het, en ‘n lid van Crossfit Nelsparta.

Hy het vir Timberframe Technology houtkonstruksie gedoen, en sy vaardighede het vir sy lojale kliënte voortreflike lodges, huise en houtdekke gebou. Bekendes het op hom staatgemaak om letterlik hul toekoms vir hulle te bou.

Die lewe het ‘n groot ommeswaai gemaak toe sy seun, Liam, sy lewe aan epilepsie verloor het ná drie jaar se geveg. Serfontein het alles wat menslik moontlik was gedoen om sy seun se lewe te red, maar tevergeefs.

LEES OOK: Local model wins Mr Teen Mbombela

Steeds het hy altyd sy beste gegee en sy gesin ondersteun. Sy moeite vir sy mense kon nie op enige skaal gemeet word nie.

“Jy was ‘n energieke en hiperaktiewe seuntjie, met oë wat altyd van kant to kant geflits het, op soek na die volgende ondeunde ding om aan te vang. Jou energie en lus vir die lewe was alombekend en jy het altyd geborrel,” het Colyn Serfontein, André se oom, in sy blog geskryf.

“Maar, ou seun, die wonde wat jy hier agterlaat is erg. Snye, skrape, skaafplekke en so ‘n paar beenbreke deur jou jare van voluit leef, het elkeen wat jou geken het, met ‘n merk gelos.”

Sy begrafnis was vandag by die NG Kerk Westergloed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button