Local newsNews

Bekende Laevelder en passievolle vlieënier, Dawie Wille, sterf

David (Dawie) Collins Wille is op 13 Desember oorlede. Ná 79 jaar laat hy vir menigte ‘n nalatenskap van talle kosbare herinneringe na.

Dawie was ‘n gesinsman en sy eggenoot, kinders, kleinkinders, susters en vriende gaan hom geweldig mis.

Hy het sy sakeloopbaan vanaf die vroeë sestigerjare in die Laeveld voortgesit. Hy was egter nie net ‘n suksesvolle sakeman nie; baie het hom ook as ‘n passievolle vlieënier in die Laeveld geken.

Sally en Dawie Wille. > Fotos: Verskaf

Dawie was ‘n fotograaf wat met trots die Associate of the Photographic Society-toekenning verwerf het. Hy was ook ‘n ywerige versamelaar, veral van klassieke en veteraanmotors, en ook ‘n avonturier en entrepreneur van formaat, wat alles wat die lewe hom gebied het, voluit waardeer het.

LEES OOK: Laeveld verloor André Serfontein, ‘n avonturier en groot familieman

Dawie was twee jaar gelede met pulmonêre fibrose gediagnoseer en het die afgelope jaar daarmee gesukkel, maar sy vrou, Sally, sê hy was sterk en positief tot die einde. Hy was gelukkig om vir sy laaste oomblikke saam met sy vrou tuis te kon wees.

“Hy het ‘n lewe van volharding, standvastigheid en moed gelei. Met sy ongelooflike lewenslus het hy elke dag, hetsy goed of sleg, terdeë geniet. Ek was geëerd om deur so ‘n wonderlike man geliefd te wees en aan sy sy te wees,” het sy gesê.

‘n Privaat gedenkdiens sal in Januarie vir naaste familie en vriende gehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button