Klub pronk met sy lede se unieke fotografie
Die Longtom Fotografieklub het jaar van groot suksesse gehad in die fotografiewêreld.
Die fotograwe het weer eens in November en Desember hul kameras ingespan om unieke foto’s te neem.
Tydens ’n geselligheid en informele prysuitdeling op Dinsdag 14 Desember het die
lede vir die laaste keer vanjaar saamgekuier.

Juanita Steyn, die voorsitter, het ook aan die klublede terugvoer gegee oor foto’s wat hulle vir die Desemberkompetisie ingeskryf het. Daar is nie algehele jaarwenners aangekondig nie.
Die klub het Salon Status in die 2021Fotografiese Vereniging van Suid-Afrika
(PSSA) Nasionale Interklub-kompetisie ontvang. Hierdie gesogte status word aan klubs gegee wêreldwyd wat uitsonderlike foto’s skep, waardig van ‘n uitstalling in ‘n kunsgalery.
Lees ook: Vloed van 20 jaar gelede onthou
Die 2021 NEP (Noord-oostelike Provinsies) interklubkompetisie is aangebied deur Bethal en die kategorieë is mono, landskap, natuur en ope.
Elke foto word beoordeel, met ‘n sekere hoeveelheid punte wat gebaseer is op riglyne wat deur die PSSA gestel is. Die foto’s wat gekies word, staan bekend as “aanvaardings” en dit is die “salon” aanvaardings” wat nodig is vir fotografieklubs se
bevordering.

Amateur fotograaf, Juanita Steyn, was die enigste lid wat ook individueel ingeskryf het. Sy het haar eerste salontoekenning ontvang vir haar foto van ‘n Rooibek Oxpecker wat op ‘n zebra sit.

Heather Aspeling het haar foto ingeskryf ‘Veer’ in die ope kategorie en
het 36 punte ontvang.
Die professionele foto- en videograaf, Des Jacob, het met sy foto 36 punte in die kompetisie ontvang.

Die klub nooi veral jongmense uit om volgende jaar by die groep aan te sluit. Steyn sê fotografie is een van die interessantste en lekkerste stokperdjies om te beoefen. Skakel Lize Maritz by 083 279 7997.
