Katja Kowalec oorlede ná 99 jaar se genadesade
Katja Kowalec is Maandag in die ouderdom van 99 jaar oorlede. In hierdie huldeblyk onthou haar vriende haar as 'n formidabele vrou en 'n geliefde inwoner van die Laeveld.
Die geliefde Katja Kowalec, wat bekendheid verwerf het nadat haar boek in ’n radiodrama omskep is, is Maandag 30 Oktober in die ouderdom van 99 jaar oorlede.
Die radiodrama, Sade van genade, was gegrond op Kowalec se memoirs van die Tweede Wêreldoorlog, Those Miraculous Sunflower Seeds.
Roelf van Jaarsveld, wat die publikasie in ’n radiovervolgverhaal omskep het en ook die regie behartig het, vertel dat die boek gestalte gekry het lank nadat sy in Mbombela kom woon het.

“Eers het sy net notas geskryf met die idee dat haar familie en nageslag dit oorsee kan lees. Later het ’n vriendin haar gevra om dit op band op te neem en dan sou sy die manuskripte tik en redigeer. En so beland die boek op my tafel en die vriendin begin Katja se boeke in Mbombela versprei, want sy het gevoel dat hierdie verhaal vertel móét word. Rita Riekert het die boek gekoop en my vertel van hierdie merkwaardige vrou se lewe, en die res is geskiedenis. Die radiovervolgverhaal se titel, Sade van genade, is juis geskoei op daardie einste sonneblomsade wat tot haar genadige ontsnapping gelei het.”

Volgens Van Jaarsveld was Kowalec klein van postuur, maar met ’n wil wat ’n mens verstom laat staan het.
“Dit is my grootste indruk van hierdie sagsprekende liewe mens. Ek glo vas dat haar lang lewe haar juis gespaar gebly het sodat sy soveel mense kon bereik om die beeld van Christus in haar lewe te eien. En watter genade is dít nie!” sê hy.
Riekert sê sy sal Kowalec onthou as ’n vrou wat haar kreatiwiteit uitgeleef het. “Katja was die klein vroutjie met ’n wakker, intelligente brein, wat haar kreatiwiteit in diens van die Here en gemeenskap kon uitleef. Sy het al die lewensterugslae as ’n groeigeleentheid gesien om, in haar woorde, ‘sterker te word’. Sy kon talle struikelblokke in ’n nuwe land ver weg van familie en geboortegrond verstommend oorwin. Haar blou oë was altyd hemelwaarts gerig om met verlange op die Here te wag… steeds ’n voorbeeld vir almal wat haar geken het. Ek eer haar nagedagtenis,” sê sy.
Lees ook: Sade van genade, die nuwe radiodrama
Volgens die dramastuk se Facebook-blad sal sy onthou word as ’n sterk, gelowige vrou wat hard gewerk het om bo uit te kom, en wat onwrikbaar vas gestaan het vir waarheid en geregtigheid.
Lees ook: Boekverhaal omskep in ‘n uitmuntende radioproduksie
Kowalec se misdiens sal om 10:00 op Dinsdag 7 November vanuit die Nelspruit St Peter’s Katolieke Kerk in Nelstraat plaasvind. Daar word gevra om wit of rooi as simbool van liefde aan te trek.
Roelf van Jaarsveld het die volgende huldeblyk saamgestel:
Katja Kowalec (gebore Mrziglod), 1924-2023
“’n Formidable vrou wat as 13-jarige dogtertjie saam met haar ouers die wreedheid van die Tweede Wêreldoorlog op die grens van Pole en Duitsland met Nazi Duitsland se besetting op 1 September 1939 ten nouste beleef het.
“Na vele ontberings, wat ons ter wille van jong lesers nie hier in detail wil beskryf nie, ontmoet sy in haar 18de jaar ’n Suid-Afrikaans geallieerde soldaat, Charles Williams. ’n Paar maande tevore het sy in Wene haar diploma vir klereontwerp verwerf, ten spyte van bomaanvalle en die gedurige besoeke van die Gestapo aan die salon waar sy studeer het. Die oorlog vererger toe Rusland toetree en die Nazi’s verdryf. Minwetende dat die ‘Ruskies’, soos hulle genoem word, wreedaardig en kru teenoor die Poolse burgers optree.
“Een voorval het ’n blywende indruk op haar lewe. Soveel so dat sy later ’n boek oor haar wedervarings skrywe met ’n titel wat na hierna verwys.
“Those Magnificent Sunflower Seeds handel oor die geval waar sy saam met ander vroue in ’n trok gelaai word om na óf werkerskampe óf na gaskamers vervoer te word. Sy sien ’n Russiese soldaat droë sonneblomsade eet. Hy bied vir haar van die sade aan, want hy merk dat sy baie honger is.
Lees ook: Video: Tweede Wêreldoorlog-oorlewende, Katja van die Laeveld, op TV!
“Terselfdertyd het sy nood en wil sy haarself gaan verlig, en vra vir ’n toilet. Die soldaat beduie dat sy moet afklim, want agter die gebou is ’n toilet. Daar gekom merk sy dat daar geen toilet is nie, en intussen vertrek die trok sonder haar. Synde dit al skemer was, kon sy ongesiens deur die grensdrade kruip en ontsnap.
“Vir haar was dit ’n duidelike bewys dat die Here Sy hand oor haar gehou het.
“Sy raak swanger met Williams se kind, en as oorlogsbruid vertrek sy na Suid-Afrika saam met ’n groot aantal dames wat ook Suid-Afrikaners ontmoet het. Met slegs tydskrifte oor modes en ’n naald, gare en skêr in haar tassie, kom sy op Kaapstad se hawe aan.
Sonder kennis van Afrikaans of Engels voer sy ’n oorlewingstryd met haar man en dogtertjie, omdat Afrikaanse mense daardie tyd genl. Jan Smuts se besluit om Engeland in die oorlog by te staan, teëgestaan het.

“Williams sukkel gevolglik om werk te kry. Katja se kennis van klere maak kry momentum onder die dames met wie sy in aanraking kom, en sy begin ekstra geld verdien. Die politieke toestand maak dat Williams uiteindelik kop verloor en Katja een nag aanrand en hulle dogtertjie wil ontvoer. Dit alles lei dat sy later van Charles skei.
Lees ook: VOORSKOU: Verhaal word omskep vir luisteraars, oud en jonk
“Na vele jare se onmenslike teëstand slaag sy daarin om haar wil en staal te toon wanneer van die voorste haute couture-maatskappye haar as ontwerper en hoofsnyer aanstel. Die hoogtepunt van haar lewe is wanneer sy haar onderneming in die duurste gebou van daardie tyd, die Carlton Hotel, open. Sy ontmoet ’n jonger Poolse man, ene Kowalec (uitgespreek ‘Kowaletz’), en trou met hom. Later skei sy ook van hom omdat hy ’n swakkeling was.
“Sy slaag met behulp van dr. Eben Dönges, die minister van buitelandse sake, om haar ouers uit kommunistiese Pole na Suid-Afrika te bring.
“Saam raak hulle verlief op Nelspruit waar sy tot met haar dood bly.”
Sharon Cronje, Kowalec se jare lange vriendin, sal haar soos volg onthou:
“Take a gracious lady, small in stature, with a love of nature, music and dance; an artist and award-winning couturier designer; sharp-witted, with an infectious sense of humour and business acumen; fluent in four languages, spreading the love and divine mercy of Jesus to all she meets… and call her Katja Kowalec.
“When you mention the name Katja in conversation to most Nelspruiters, you will hear an enthusiastic ‘Oh, I know her!’ and are told how she touched their lives.
“Yes, to know her was to love her. She was all heart.

“She loved Jesus more than anything else in the world and recognised Him in those encountered in her lifetime – a life that might well have been cut short during her youth as she had to endure the horrors of the Second World War.
“We now know why Katja was miraculously spared to live nine months short of a century.
“From departing Poland, her country of birth, to settling in her adopted country, South Africa, under challenging circumstances, Katja remained the eternal optimist.
“The hope and inspiration we derive from her memoirs in her book Those Miraculous Sunflower Seeds and our personal friendship with her is a reminder of the Good Fairy sprinkling stardust over all wrongs to make them right, caring for hopeless cases to make them hopeful again and spreading God’s word to those around her.
“This formidable woman of God with the strength of a lion, a compassionate and loving personality, dedicated mother, gran and great-granny, friend and sister in Christ to all, was true to herself and those around her.
“We celebrate her life. Our loss is heaven’s gain, as Katja is welcomed into the Eternal Kingdom of Rest and Reward after a miraculous life well lived.
“Farewell, dear Katjuz! Tot weersiens! No to cześć! Auf Wiedersehn! Dasvidania! Sala kahle!

“You have earned your rest.”
