‘n Familie- en markdag is Saterdag 20 April by die Kwanyoni Lodge deur die NG Kerk Alkmaar aangebied.
Die dag is met ‘n pretloop afgeskop. Daar was verskeie tuisgemaakte en plaaslik vervaardigde produkte by die stalletjies te koop.
Die jongklomp kon in die speelarea baljaar, terwyl die ouers aan ‘n groot verskeidenheid tuisgebak en kosopsies kon smul.
LEES OOK: IN FOTO’S: Laerskool Malelane se graadeens hou markdag
Volgens een van die organiseerders, Frank Erasmus, het die kerk ook ‘n verskeidenheid stalletjies beman om fondse daarvoor in te samel.
“Die markdag vind jaarliks as ‘n fondsinsameling vir die kerk plaas. Die dag bied ook vir klein besigheidseienaars die geleentheid om hulle produkte aan die gemeenskap bloot te stel,” sê hy.