School sportSport

Van rugbybesering tot gesogte atleet

Pierre Naudé (17) wie se sportseisoen weens 'n rugbybesering kortgeknip is, is een van Uplands College se skitterendste atletieksterre.

Hy is die enigste atleet van dié kollege wat volgende jaar in die Junie/Julievakansie vir 12 dae na onder andere Frankryk, Oostenryk, Switserland en Duitsland gaan toer. Sy naam verskyn onder die groep van 50 atlete wat onlangs deur die president van Mpumalanga Atletiek, Paul Bester aangekondig is wat vir dié besoek aan Europa gekies is.

Vier afrigters, Stefan van der Merwe, Rina van Heerden, DP Badenhorst en Marius van Zyl gaan die toerspan vergesel. Die groep gaan aan byeenkomste deelneem en afrigtingsklinieke deur Europese afrigters bywoon. “Die doel van die toer is om topatlete van die provinsie asook opkomende jong atlete die geleentheid te gee om op internasionale vlak te toer om ondervinding op te doen en hulle talente te ontwikkel. Die afrigters wat saam toer, kry die kans om te groei en hulle kennis met die atlete te deel,” sê Van der Merwe, atletiekorganiseerder van Hoërskool Rob Ferreira.

Die span gaan in Mulhouse en CDAFS in Frankryk, waar binnenshuise en buitemuurse tartanatletiekfasiliteite beskikbaar is, tuisgaan. “Ons eerste byeenkoms is op dag drie in Parys. Ek sien uit na die byeenkoms in München waar die 1972 Olimpiese Spele gehou is en waar die Diamantliga jaarliks plaasvind.”

Die 17-jarige Pierre het in Maart harsingskudding tydens ‘n rugbytoer in Durban opgedoen. “Dr. Kobus Hugo het my aangeraai om aan geen kontaksport vir die res van die jaar deel te neem nie. Ek was terleurgesteld, maar nou vat ek elke dag soos dit kom.”

Pierre het vir die vierde agtereenvolgende jaar die victor ludorum-trofee by sy skool se interhuisatletiekbyeenkoms verower vir rekords in gewigstoot, spiesgooi en diskus. Gedurende vanjaar se Mpumalanga Atletiekbyeenkoms in Secunda, het hy ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 15m in gewigstoot opgestel.

Hy is nie net ‘n kranige atleet nie, maar het ook al sewe Midmar-myle agter die rug en beoog om volgende jaar sy eerste Comrades marathon te hardloop. “Monette Pieterse van Uplands het die skool se atletiek tot op die vlak gebring waar dit vandag is. Dit is ook te danke aan my gewigstootafrigters van Rob, Nico Bekker en Stefan van der Merwe dat ek so goed kan presteer. My ouers en die Here speel ook ‘n groot rol.”

Een van sy atletiekhelde, is die Duitser David Storl wat met klippe op ‘n plaas begin oefen het. “Hy het dit op eie stoom gemaak. Natuurlik is ‘n Olimpiese Spele in my agterkop. My mikpunt vir volgende jaar is om my Mpumalanga-kleure te verower en onder die top-ses by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te eindig.”

Pierre wil graag ‘n sportbeurs in Ohio, Texas losslaan om sy liefde vir atletiek verder te ontwikkel.

Só lyk die toerspan
Pierre Naudé – Uplands
Adam Leslie – Penryn
Dylan von Wissel – Penryn
Corlia van der Merwe – Barberton
DJ Raulstone – Barberton
Annerie du Toit – Lydenburg
Dian Lombard – Lydenburg
Christiaan Kruger – Lydenburg
Johan Nel – Lydenburg
Isak Beytel – Lydenburg
Delani Grobler – Lydenburg
Mandi Botha – Rob
Tara Haycock – Rob
Christine Kruger – Rob
Markus Klopper – Rob
Thapelo Nkuna – Rob
Amos Khoza – Rob
Katlego Machete – Rob
Christopher Thompson – Rob
Suzaan Nel – NHS
Douw Kruger – NHS
Jacques Marais – NHS
Cherise van Duyker – NHS
Nicola Cronje – NHS
Jessica Berry – NHS
Chyle van Zyl – NHS
Devon Nel – NHS
Marné van Aarde – NHS
Stefan Smit – NHS
Josua Maas – NHS
Tertiuz Mentz – NHS
Mia Erasmus – NHS
Ilke Joubert – NHS
Naas Marais – NHS
De Villiers Basson – NHS.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button