School sportSport

Vlammies teken 19 doele aan, staan slegs ses af

Die eerste seunshokkiespan van Hoërskool Bergvlam kan maar hokkie speel.

Die seuns het na 13 wedstryde nege gewen, een verloor en drie gelykop gespeel. Dit sluit oorwinnings teen groot hokkieskole soos Garsfontein en Generaal Hertzog in.

Die seuns het in die 13 wedstryde 19 doele aangeteken en slegs ses afgestaan.

“Die span se toewyding en harde werk het gelei tot dié mylpaal. Ons wil graag dankie sê aan Deon Richter van 4 Dimensional Quantities vir die ondersteuning wat gehelp het dat sommige van die seuns die geleentheid gehad het om op toer te kon gaan die jaar. Ek is ongelooflik trots op die groep en ek sien uit na die res van die wintersportseisoen,” het die afrigter, Rihann van der Merwe gesê.

Die seuns kom die naweek op hulle tuisgronde teen Secunda te staan.

Hier is ‘n paar foto’s van die seuns in aksie:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button