‘Modder en Bloed’ van more in Mbombela te sien
Die langverwagte Afrikaanse rolprent is van more ook by Movies@Emnotweni in Riverside te sien.

MBOMBELA – Die Afrikaanse Modder en Bloed open more in rolprentteaters landwyd.
Dit handel oor ‘n groep Anglo-Boereoorlog gevangens se ontberings en dapperheid op St. Helena-eiland, en spog met een van die grootste rolverdelings nóg in ‘n Suid-Afrikaanse rolprent.
Plaaslike akteurs Stian Bam, Altus Theart, Edwin van der Walt, Grant Swanby, Bok van Blerk, Deon Lotz, David Louw, Albert Maritz, Michael Richard, Jacques Bessenger en Albert Pretorius is almal in Modder en Bloed te sien.
Britse sterre in die rolverdeling sluit in Charlotte Salt van Beowulf en The Tudors, Patrick Connolly van Inferno en Crushed, Nick Cornwall van Blood Loyal en Retribution, en Josh Myers van The Sweeney en Anti-Social.

Modder en Bloed is geskryf en geregisseur deur Sean Else, wat ook as vervaardiger optree saam met Llewelynn Greeff en Henk Pretorius.
Dit is van more af ook by Movies@Emnotweni in Riverside te sien.
- Kyk die amptelike lokprent hier:
- Win with Movies@Emnotweni and Batman Vs Superman
