EntertainmentLifestyle

5 Minute

BURGERSFORT – Hierdie week het Steelburger/Lydenburg Nuus vyf minute saam met die menseliefhebber, Drikus Crause deurgebring en vir hom ‘n paar vrae gevra om meer van hom te wete te kom: • Hoe sal jy jouself in een sin beskryf? Mense sê almal het ‘n tweeling iewers in die wêreld, maar ek dink nie dit …

BURGERSFORT – Hierdie week het Steelburger/Lydenburg Nuus vyf minute saam met die menseliefhebber, Drikus Crause deurgebring en vir hom ‘n paar vrae gevra om meer van hom te wete te kom:

• Hoe sal jy jouself in een sin beskryf?

Mense sê almal het ‘n tweeling iewers in die wêreld, maar ek dink nie dit is die geval met my nie, ek is regtigwaar uniek.

• Wat is jou gunsteling-herinnering?

Ek sal nooit die eerste keer dat ek verlief geraak het, vergeet nie. As ek daaraan dink, is dit asof ek dit nog steeds kan voel.

• As jy iets in die wêreld kan verander, wat sal dit wees?

My wens is dat almal net saam in vrede kan leef, ‘n vreedsame wêreld.

• As jy ‘n superheld se kragte kon hê, soos wie sou jy wil wees?

Ek sal Superman se kragte wil hê, want ek voel reeds soos almal se Superman, ek help altyd waar ek kan.

• Wat maak jou gelukkig in

die lewe?

As ander mense gelukkig is, is ek gelukkig, daarom hou ek ook daarvan om ander mense gelukkig te maak en gelukkig

te sien.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button