EntertainmentLifestyle

HELPENDE HAND

LYDENBURG – Die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak hou Saterdag ‘n spesiale fondsinsameling ten bate van minderbevoorregtes. Dié besondere geleentheid vind by Lewende Woord Kerk (langs Laske Nakke) plaas. Daar gaan vir ieder en elk iets wees met die hoogtepunt wanneer die gospelsanger, Eloise Saayman optree. Volgens Gerda Venter van Helpende Hand beloof optredes deur Doodlebugs …

LYDENBURG – Die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak hou Saterdag ‘n spesiale fondsinsameling ten bate van minderbevoorregtes.

Dié besondere geleentheid vind by Lewende Woord Kerk (langs Laske Nakke) plaas.

Daar gaan vir ieder en elk iets wees met die hoogtepunt wanneer die gospelsanger, Eloise Saayman optree. Volgens Gerda Venter van Helpende Hand beloof optredes deur Doodlebugs Kleuterskool, Kim Reiners, Alisha de Lange (Helpende Hand), Beweging en Doel, Into Rythm Dansstudio, die gospelsanger past. Lourens Groenewald, Bread of Life Ministries en Len Oeloffse om die dag spesiaal te maak.

Ander aktiwiteite op die program sluit in perdritte, gesigverf, springkastele, stalletjies en die kroning van Mnr. en Mej. Helpende Hand.

“As jy dit nie self kan bywoon nie, skenk die kaartjie aan ‘n behoeftige persoon wat nie so ‘n fees kan bekostig of bywoon nie,” sê Venter.

Die dag se verrigtinge begin om 09:00 en duur tot 17:00. Stalletjies kan teen slegs R100 per staanplek bespreek word.

Navrae: Venter by 072-402-6595.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button