Kleiner vangste demp nie die geesdrif nie
Die lekker warm weer het saamgespeel toe 60 hengelaars by Kwena-dam saamgetrek vir Longtom Hengelklub se Kwena Bonanza-karpkompetisie wat die naweek van 4 tot 5 November plaasgevind het. Die vis het gebyt en hengelaars het die lyne vanaf 08:00 Saterdag begin natmaak. Kwena-dam is bekend vir sy karpvangste en die swaarste een wat uit die …
Die lekker warm weer het saamgespeel toe 60 hengelaars by Kwena-dam saamgetrek vir Longtom Hengelklub se Kwena Bonanza-karpkompetisie wat die naweek van 4 tot 5 November plaasgevind het.
Die vis het gebyt en hengelaars het die lyne vanaf 08:00 Saterdag begin natmaak.
Kwena-dam is bekend vir sy karpvangste en die swaarste een wat uit die water getrek is, het die skaal op 2,81kg laat staan.
Volgens Jaco Beyneveldt, was die vangste kleiner as wat verwag is, maar dit het nietemin nie die gesellige atmosfeer wat langs die viswater geheers het, gedemp nie.
Die klub beplan ‘n baie groter kompetsie vir volgende jaar.
Die wenners van die bonanza
• Eerste prys – R5 000 – De Wet Nel met ‘n karp van 2,81kg.
• Tweede prys – R2 500 – Ludick Maritz met ‘n karp van 2,38kg.
• Derde prys – R1 000 – Francois Taljaard met ‘n karp van 2,35kg.
• Junior wenner – MJ de Beer met ‘n karp van 1,23kg.