Top Nelspruit vrouestemme hou konsert
Die Konsert Huiz bied op 12 April 'n vertoning waarin drie van Mbombela se mooiste vrouestemme optree en die bekendste Engelse ballades en popliedjies te sing.
In die vertoning getiteld Three Divas and a One-Night Stand sing Natascha C, Anne-Mari White en Karien van Niekerk.
Henry-John Williams, musiekregisseur en pianis, sê hulle het hierdie konsert beplan om ook die Engelse ondersteuners van die Konsert Huiz te akkommodeer. “Ons wou egter nie ons Afrikaanse ondersteuners afskeep nie en het daarom op die bekendste Engelse ballades besluit.
“Die ouderdomsbeperking is 13 jaar aangesien daar ‘n paar tong-in-die-kies-oomblikke tussen die drie sangeresse is,”
sê Williams.
Die vertoning beloof om groot pret en vermaak aan gaste te bied. Toegan kos R80 per persoon en jou sitplek kan bespreek word by diekonserthuiz@vodamail.co.za of 082-559-9893. Dit vind by Lost Trailstraat 24 plaas en gaste is welkom om hul eie verversings te bring.
Lees ook: Concert stirs many a heart at the Konsert Huiz
