Dihan Putter: Hoofseun met ‘n goue stem
Die hoofseun van Curro Nelspruit is die perfekte voorbeeld van die gehalte van die kunstenaars wat die Laeveld oplewer. Dihan Putter is een van slegs 20 leerlinge wat landwyd by Curro Hoërskole gekies is om deel te neem aan 'n musiekblyspel ter viering van Curro se 20ste verjaardag.
MBOMBELA -Deelnemers aan dié musiekblyspel wat in Julie in die Artscape-teater in die Kaap te sien gaan wees, is deur die gewilde Pedro Kruger en Hennie van Greunen uitgesoek.
Dihan sal tussen 27 Junie en 22 Julie aan die repitisies deelneem waar hy die geleentheid sal hê om onder professionele regisseurs, musiekregisseurs en choreograwe te werk.
Also read: WATCH: Ubuntu fest 2018
In Desember 2017 het Dihan die Actors, Models and Talents for Christ in Orlando in die VSA bygewoon en so goed presteer dat hy ‘n beurs toegeken is om in 2019 by die New Yorkse Filmakademie te studeer.
Curro sê hulle glo ‘n blink toekoms wink vir hierdie jongman. Hulle sien ook met groot verwagting uit na sy optrede in Curro Nelspruit se revue in Mei.
Also read: What message is this riddler trying to send?
