EntertainmentLifestyle

Valiant Swart vermaak inwoners van Kaapsehoop

Die Mystic Boer was weer goed op sy stukke toe hy Sondag by die Bohemian Groove Café in die volbespreekte restaurant opgetree het.

KAAPSEHOOP –  Buite in die tuin het aanhangers op kampstoele en kniekomberse vir die man se vertoning sit en wag en Glühwein teen die koue geteug.

 

LEES OOK: ‘n Meesterstuk van rock en pop

‘n Lekker bord kos met ‘n legende se musiek in die agtergrond was vir Wessel en Heléne Wessels, Simone, Karen en Deon Subke ‘n heerlike Sondaguitstappie.

Dit het die oggend nog in Kaapsehoop gereën, maar toe Valiant Swart sy klank-stelsel begin opstel, het die wintersonnetjie lui-lui agter die wolke begin kop uitsteek om die Afrikaanse musieklegende sy twee uur van puik musiek en lekkerlagstories uit sy lewe te gun.

Twee inwoners van Kaapsehoop, Vinzenzia Diedericks en Frans Meyer.

Liefhebbers van goeie musiek het van heinde en ver gekom om hierdie kunstenaar, ook bekend as Digter van Dorpstraat en Baas vannie brannewynblues in aksie te beleef.

“Dit was vyf jaar gelede wat ek hier was, en ek sal graag eendag hier in Kaapsehoop kom aftree,” het hy skertsend opgemerk.

Valiant Swart saam met sy jarelange vriend, Dana Snyman, wat onlangs Kaapsehoop toe getrek het.

Wat Swart so kenmerkend en geliefd maak is die feit dat hy sy vertonings self intens geniet en sy lewe met passie met sy waarderende gehoor deel.

LEES OOK: ‘n Wyser Koos lig die sluier

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button