SportSport

Elf rolbalspelers van Potchefstroom na Meesters genooi

Elf van die uitgelese groep van 48 rolbalspelers vanoor die hele Noordwes rolbaldistrik, is van Potchefstroom. Hierdie 48 spelers ding die naweek mee om die vier titels as Noordwes Meesterskampioene. Kragmetings vind plaas in mans- en vroue-afdelings, wat in die Ope en Seniors verdeel word. Twaalf spelers is per afdeling genooi. Spelers word op grond …

Elf van die uitgelese groep van 48 rolbalspelers vanoor die hele Noordwes rolbaldistrik, is van Potchefstroom.

Hierdie 48 spelers ding die naweek mee om die vier titels as Noordwes Meesterskampioene. Kragmetings vind plaas in mans- en vroue-afdelings, wat in die Ope en Seniors verdeel word. Twaalf spelers is per afdeling genooi. Spelers word op grond van prestasie genooi en net om genooi te word, is al ‘n prestasie.

Die Ope-afdelings word Saterdag en Sondag by Klerksdorp Rolbalklub gespeel en die seniors ding op dieselfde dae by Strathvaal mee.

Die 11 spelers uit die stad is die verdedigende kampioen Pierre Breitenbach van Potchefstroom Rolbalklub, sy klubmaat Gerrit van Rensburg, en die Buiteklub se Meschak Kali in die mans Ope-afdeling.

Ronnie Palmer van die Potchefstroom klub speel in die Senior mans-afdeling. Corrie Breitenbach en Elly van Dijk (Potchefstroom klub) en Sega Mokoto van Weermag speel in die Vroue Ope met Jakkie Scheepers, Helena Koekemoer en Cathy Stewart van die Buiteklub wat saam met Brenda Palmer van Potchefstroom klub in die Senior vroue deelneem.

Gaan maak gerus ‘n draai om die room van die Noordwes rolbaloes in aksie te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button