Stad se spelers rol saam in Noordwes kampioenskappe
Twee van die stad se klubs sal betrokke wees in volgende week se semifinale van die Noordwes rolbal senior enkelspelkampioenskap: Helena Koekemoer van die Buiteklub (PCC) en Rose du Plessis van die Potchefstroom Rolbalklub, het die afgelope Dinsdag hulle seksies gewen en deurgedring na die halfeind. Geen man van die stad se klubs kon ‘n …

Twee van die stad se klubs sal betrokke wees in volgende week se semifinale van die Noordwes rolbal senior enkelspelkampioenskap: Helena Koekemoer van die Buiteklub (PCC) en Rose du Plessis van die Potchefstroom Rolbalklub, het die afgelope Dinsdag hulle seksies gewen en deurgedring na die halfeind.
Geen man van die stad se klubs kon ‘n seksie wen nie.
Die prentjie is net omgekeer in die driespelkampioenskap se uitspele wat die naweek by die Klerksdorp Rolbalklub aangebied word. Geen vrouespan kon deurdring nie, maar Pierre Breitenbach, Gerrit Janse van Rensburg en William Minne van die Potchefstroom Rolbalklub en Jakkie Bezuidenhout, Koos Degenaar en Thinus Slabber van die Buiteklub (PCC) sal wel in aksie wees.





