SportSport

Burke behaal top 10 plek by gesogte Amateur-toernooi

Hoër Volkskool Potchefstroom se ster gholfspeler, Christiaan Burke, het vanjaar in sy matriekjaar weer bewys dat hy as een van die land se bestes in sy ouderdomsgroep gereken kan word. Hy het sy A-spel na die Suid-Afrikaanse Amateur-toernooi gebring waar hy 9de algeheel geëindig het. Dit is ‘n verstommende prestasie, veral as in ag geneem …

Hoër Volkskool Potchefstroom se ster gholfspeler, Christiaan Burke, het vanjaar in sy matriekjaar weer bewys dat hy as een van die land se bestes in sy ouderdomsgroep gereken kan word.
Hy het sy A-spel na die Suid-Afrikaanse Amateur-toernooi gebring waar hy 9de algeheel geëindig het.
Dit is ‘n verstommende prestasie, veral as in ag geneem word dat sowat 150 spelers van meer as 15 lande ook aan dié toernooi deelgeneem het. Dit is van 6 tot 9 Februarie by Pecanwood gehou en Burke het seker gemaak dat hy sy staal wys met -16 waar hy oor die verloop van al vier dae puik gholf gespeel het.
“Ek het tellings van 70, 66, 67 en 69 gespeel om tot by -16 te eindig. Ek voel baie goed oor waar ek geëindig het omdat die beste amateurs in die wêreld deelgeneem het.
“Ek kon ook nie net deelgeneem het nie en is genooi om daar deel te neem,” het Burke genoem.
As hy vanjaar so aanhou, is dit dalk net ‘n kwessie van tyd voor ons hierdie Volkie in die land se grootste toernooie sien.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button