SportSport

Caput en Overs meet kragte Vrydag in eerstejaarsrugby-finaal

Na twee spannende halfeindstryde in die eerstejaars rugbyliga vir NWU koshuise gaan Caput Manskoshuis en Over de Voor Manskoshuis mekaar in die eindstryd aanvat hierdie komende Vrydagaand, 23 Februarie Hierdie wedstryd gaan oudergewoonte op die Fanie du Toit Sportgronde plaasvind, met net een span wat die beker sal lig as die beste eerstejaar rugbykoshuis op …

Na twee spannende halfeindstryde in die eerstejaars rugbyliga vir NWU koshuise gaan Caput Manskoshuis en Over de Voor Manskoshuis mekaar in die eindstryd aanvat hierdie komende Vrydagaand, 23 Februarie
Hierdie wedstryd gaan oudergewoonte op die Fanie du Toit Sportgronde plaasvind, met net een span wat die beker sal lig as die beste eerstejaar rugbykoshuis op kampus.
Caput het hulle halfeindstryd broekskeur met 3-0 teen Villagers gewen, terwyl Overs vir Laureus met 12-3 geklop het om hulle plek te bespreek.
Die eindstryd skop om 19:15 af.

Hier is die foto’s van die halfeindstryde:

Mall

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button