SportSport

NWU gereed vir eerste tuiswedstryd in vanjaar se Varsitybeker

Vir die eerste keer in Varsitybekergeskiedenis gaan die NWU en die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK) mekaar komende Maandag, 18 Februarie om 18:30 op die Fanie du Toit Sportgronde aanpak. Die eerste tuiswedstryd vir die NWU hierdie seisoen gaan vir afrigter Jonathan Mokuena en kie ‘n ietwat nuwe ervaring wees, met die onbekende UWK wat …

Vir die eerste keer in Varsitybekergeskiedenis gaan die NWU en die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK) mekaar komende Maandag, 18 Februarie om 18:30 op die Fanie du Toit Sportgronde aanpak.

Die eerste tuiswedstryd vir die NWU hierdie seisoen gaan vir afrigter Jonathan Mokuena en kie ‘n ietwat nuwe ervaring wees, met die onbekende UWK wat niks gaan hê om te verloor nie.

Onder die leiding van die welbekende voormalige Springbok, Chester Williams, is die UWK ‘n glibberige kalant wat veral op die aanval uitblink. Krediet moet aan Williams gegee word, wat die afgelope paar jaar vir UWK tot op Varsitybekervlak gebring het.
In UWK se vorige twee wedstryde (altwee nederlae) teen UCT (24-32) en Shimlas (25-47) het hulle hulself goed van hulle taak gekwyt en het bewys dat hulle met die groot honde kan hol.

‘n Paar van UWK se uitblinkers waarvoor die NWU hul oë moet oophou, is die giftige vleuels, André Manuel en Kurt-Lee Arendse, sowel as die heelagter, Tristan Leyds wat puik met die bal in hand en met sy skopvoet is. Die senter Lyle Hendricks is ook net so skerp met sy skopvoet pale toe en bied opsies in die agterlyn vir Williams-hulle. Die stewige agtsteman, Adrian Paarwater gaan UWK in Potchefstroom op die veld lei en tesame met slotte Curtley Thomas en Pieter-Styl Swanepoel sal hulle mooi dopgehou word voorlangs.

Die NWU self het die 2019 Varsitybekerseisoen goed begin met ‘n oorwinning teen UJ (23-8) agter hulle blad en sal wil voortbou op hierdie goeie begin. Die ervare skakelpaar, Schalk Hugo en Chriswill September is op hulle stukke terwyl die nuwe spruite, Pienaar van Niekerk, Chuiner van Rooyen hulle talent met bal in hand bewys het.

Voorlangs was kaptein, Chucky van der Westhuizen weer ‘n masjien wat sy stempel as leier en formidabele haker beklemtoon het. Danny du Plooy en Johan Retief was ook sterk in die slotposisies, terwyl die lostrio van Wian Conradie, Wandi Mazibuko en Gideon van der Merwe voor hulle tuisskare weer skitterrugby sal wil speel. Volgens NWU afrigter, Jonathan Mokuena, gaan sy span hulself toespits op UWK in die week en sal gerat wees om hul spelpatroon te lewer.

“UWK het ‘n paar vinnige spelers in die agterlyn, maar ons het ook ons eie planne vir UWK,” het hy genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button