SportSport

Jong tellinghouer wen gesogte prys

Op haar jong ouderdom het sy die top prys by Noordwes Krieket vir die Tellinghouer van die Jaar gekry, ‘n eer wat gewoonlik vir ervare tellinghouers gegee word.

Van kleins af het die 15-jarige Danial Louw in haar krieketmal-familie besluit dat sy daarvan hou om die spel op pen, papier en deesdae digitaal, vas te lê.

Hierdie leerder van Hoër Volkskool Potchefstroom het met haar doelgerigtheid, skerp oog vir die spel en harde werk, nou die vrugte gepluk.

Op haar jong ouderdom het sy die top prys by Noordwes Krieket vir die Tellinghouer van die Jaar gekry, ‘n eer wat gewoonlik vir ervare tellinghouers gegee word. Danial het wel bewys dat ouderdom maar net ‘n nommer is – as jy goed genoeg is, is jy oud genoeg.
Dit is vir my ‘n baie groot voorreg en dit was baie onverwags.

Dit is altyd lekker om erkenning te kry vir harde werk en ‘n voorreg om deel te wees van die sport,” vertel Danial wat vir haar skool en Noordwes Krieket amptelik in 2016 begin telling hou het.
“Ek het vir mnr. André Le Grange, hoofafrigter vir krieket by Laerskool Goudkop gevra of daar nie dalk ‘n span is waarvoor ek kan telling hou nie. Ek het toe vir die 2de krieketspan telling gehou en later vir die 1ste krieketspan,” noem Danial, wat haar vlak-1 tellinghouerskursus in 2016 by Noordwes Krieket voltooi het.

Danial hou telling vir die Noordwes Krieket-unie, asook vir Travelling Reefs Krieketklub se Premierliga span. Sy hou ook vir haar skool se krieketspanne telling en glo dat haar vermoë om verskillende take gelyktydig te doen, een van haar sterkpunte is.

“’n Mens moet kan multi-task. Dit is nie vir enige ou maklik om so lank, bal vir bal, te konstentreer en ook die boek op datum te hou nie.
“Dit is belangrik om deel van die spel te wees. Dit verg baie konsentrasie en ure lank se stilsit. Dit is baie belangrik om te fokus wat op die veld aangaan, en juis die skeidsregter te erken wanneer hy/ sy vir jou iets wys.

Dit is ook baie belangrik om die spelers op die krieketveld te kan uitken.
“Ek dink ook dit is te danke aan my skaakloopbaan van 10 jaar om so lank te kan stilsit en te konsentreer.”

Op die oomblik geniet hierdie graad 9-leerder elke aspek van die spel en is sy gretig om meer van die spangees in die sport te ervaar.

“Die feit is dat harde werk en baie oefening vir die speler, afrigter en krieket in die algemeen, vrugte afwerp,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button