Die alombekende Suid-Afrikaanse sportadministrateur en oud-Protea, dr Ali Bacher, bied op Maandag 15 Augustus om 11:00 ‘n gaslesing by die NWU – Noordwes-Universiteit Skool vir Menslike Bewegingskunde aan.
Dit beloof om nie misgeloop te word nie aangesien Dr Bacher (80) ‘n ontsaglike kennis oor Suid-Afrika en sy sportgebeure het. Dr. Bacher sal sy lewenservaringe deel tydens die lesing wat die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aanbied.

Bywoning is gratis, maar besprekings is nodig.
Dr Bacher, ‘n voormalige nasionale krieketspeler en toetskaptein, het ook ‘n groot rol gespeel in die verenigingsproses van sport en die aanbieding van die 2003 Krieketwêreldbeker in Suid-Afrika. Hy word ook as “een van die invloedrykste Suid-Afrikaners van die Twintigste Eeu” beskou. Hy het later ‘n eredoktorsgraad van die Universiteite van Witwatersrand ontvang asook verskeie internasionale toekennings as deel van sy indrukwekkende CV.

Die gaslesing word by die NWU Menslike Bewegingswetenskappe-gebou (gebou K3, kamer G01) in Thabo Mbeki-rylaan, Potchefstroom aangebied. (Die Meyerstraat-ingang moet gebruik word).
Gebruik die volgende skakel om jou sitplek te bespreek.
https://nwuevent.wufoo.com/forms/r1vi6f4t1bv4yl4/




