Potchefstroom Gimnasium se atlete het in ‘n massiewe spanpoging verseker dat hulle na nuwe hoogtes reik met ‘n algehele oorwinning in die B-bond van die 2023 Superinterhoër atletiekbyeenkoms wat by die Pilditch Atletiekstadion in Pretoria op Woensdag, 1 Maart plaasgevind het.
Gimmies is as die wenners gekroon en sal nou van volgende jaar af in die A-bond deelneem teen top atletiekskole soos Garsfontein, Zwartkop, Noordheuwel, Waterkloof, Affies sowel as die huidige kampioene, Helpmekaar-kollege.
By vanjaar se Superinterhoër moes Gimmies in die B-bond as die kleinste skool (in terme van getalle) teen skole soos Rustenburg, Transvalia, KHS, Montana en Nelspruit onder andere in ‘n spannende tweestryd deelneem. Dit het nie die atlete gekeer om briljante prestasies op ‘n snikhete dag te behaal nie en die titel as B-afdeling wenners te vat nie.
Gimmies het met 685 punte gewen en Nelspruit in die tweede plek gedwing op 667.5 punte. Rustenburg (664) en Transvalia (651.5) het die derde en vierde plekke beklee.
Gimmies is nommer een met goeie rede nadat hulle 22 goue, 15 silwer en 18 bronsmedaljes tydens die byeenkoms verower het.
20 atlete het ook bo 800 punte op die dag behaal, met die spiesgooier, Stephané Hook wat uitnemendheid in hierdie item voorsit om as die Junior Victrix Ludorum aangewys te word.
Die harde werk begin nou vir Gimmies ter voorbereiding van A-bond atletiek wat voorlê, met die wete dat hulle nou teen die groot honde gaan kompeteer.
Gimmies het wel al keer op keer bewys dat hulle nooit terugstaan nie en met ‘n lang lys kwaliteit afrigters sal hulle hard baklei om te wys wat in Potch en Noordwes steek.
Die volgende atlete het bo 800 punte behaal:
Seuns o.14
Logan Botes – Diskus en gewigstoot
Seuns o.15
Jahndré Coetzee – Diskus
Righardt Joubert – 100- en 100 m hekkies
Seuns o.16
Tihard Strydom – 1500 m
Seuns o.17
Sihle Mahlangu – 100- en 400 m
Seuns o.17-aflos
PC Schutte – 1500 m
Seuns o.19
Seegers du Plessis – hoogspring
Richter van der Merwe – diskus
Dogters o.14
Anika Botes – 100- en 200 m en 90 m hekkies
Dogters o.15
Stephané Hook – gewigstoot en spiesgooi
Mathilda Liebenberg – 800 m
Doneli Steynberg – diskus
Dogters o.16
Jamoré Olivier – diskus en gewigstoot
Abbigail Viljoen – 3000 m
Dogters o.17
Suné Greeff – 400 m hekkies
Mariné Jacobs – diskus en gewigstoot
Sandri van Rooyen – 100- en 200 m en 100 m hekkies
Alri Verster – 1500- en 800 m
Abbigail Viljoen – 3000 m
Dogters o.19
Ilané Herbst – 800 m








