Sport

Hoffies wen titaniese stryd teen Baillies

Die Klerksdorpers het 30 - 12 as wenners uit die stryd getree, dit was die doodskoot vir Baillies, wat die wen nodig gehad het om 'n kans vir uitspele te staan.

In verlede week, 21 Mei, se laaste rondte van die liga voor die uitspeelrondtes het Baillies ‘n titaniese stryd teen Lahoff va nKlerksdorp verloor.

Die Klerksdorpers het 30 – 12 as wenners uit die stryd getree, dit was die doodskoot vir Baillies, wat die wen nodig gehad het om ‘n kans vir uitspele te staan.

Volgens André Ouwencamp, afrigter van Lahoff, was dit ‘n stryd waar nie een van die spanne terug gehou het nie.

“Van die afskop af was die veld ‘n toneel vir onverbiddelike verdediging en aanval. Bailiepark het ons Verdedigingslyn na verdedigingslyn getoets en aangeval, maar elke keer het ons rotsvaste verdediging stand gehou. Met elke duik, elke skrum, elke lynstaan ​​het die intensiteit van die stryd net verhoog. Uiteindelik was ons aanval net te sterk en kon ons drie goeie driëe in die laaste 10 minute druk. Die ware wenner was egter die spel self, en die onuitwisbare gees van die rugby wat gespeel is,” het Ouwencamp na die wedstryd gesê.

Lahoff speel more, 28 Mei, in ide halfeindstryd teen Laerskool Rustenburg.

Baillies se o.9 A en B sowel as die o.11B span speel ook in die halfeindstryd. Al die uitspeel wedstryde van die Luiperds se grootskoleliga word op Olënpark gespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button