School sportSport

Nellies se Rhinos doen dit toe weer

Die rugbyboeke is onlangs deur 'n plaaslike skool herskryf. 

Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan, die Rhinos XV is die eerste span in die geskiedenis van Mpumalanga-rugby wat die eindstryd vir makroskole twee agtereenvolgende jaar kon wen.

Hulle het HTS Middelburg voor dié span se 1 300 ondersteuners met 14-12 getroef. Die losskakel, Wessel Muller het die wenpunte in die doodsnikke van hierdie wipplankwedstryd aangeteken.

Die Rhino XV’s se enigste drie is deur die senter, Nico van Rooyen gedruk. Renoux de Beer het vroeg in die wedstryd ‘n skepskop deur die pale geklits. 

Die afrigter, Gerhard Holtzhausen is ongelooflik trots op die manne. “Die spelers het in die tweede 35 minute onnodige foute uitgeskakel en ons wedstrydplan stap vir stap begin volg.”

Altesaam sewe uit 12 Rhino-rugbyspanne het die Mpumalanga-liga gewen en drie van die vier A-spanne was deel hiervan. 

Die o/14 A, o/16 A en eerste spanne is deur na die kwarteindronde van die Beeld-trofee. NHS se teenstanders se wedstryde vind komende naweek plaas. Die o/15’s se uitspele word môre in Kemptonpark gespeel.

Nico van Rooyen.jpg RIAAN SWANEPOEL (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button