EntertainmentLifestyle

Leerders skitter by klavier-en-klawerbordkonsert

By die konsert is die gehoor vermaak deur sowat 20 leerders vanaf gr. 2 tot 12 wat hulle vaardigheid op klavier en klawerbord ten toon gestel het.

MBOMBELA – ‘n Potpourri van die allermooiste musiek het Vrydagmiddag in Laerskool Nelspruit se skoolsaal weerklink as deel van die jaarlikse klavier-en-klawerbordkonsert.

Elna Faul, musiekonderwyser by die skool, vertel dié konsert is ter voorbereiding vir deelname aan die intrumentale afdeling van die Nelspruit Eisteddfod wat volgende week afskop.

READ ALSO: Eisteddfod 2018: All the world is a stage at the English drama category

Daar was nie net solo-optredes nie, maar ook duette met Faul wat self nou en dan vingers bygesit het. Van die liedjies wat gehoor is, was “Let’s Twist Again”, “Für Elise”, “Entertainer”, “In the Mood” asook temamusiek van die James Bond-rolprente.

“Om musiek te maak is nie net mooi nie, dis terapie vir die gees en ‘n groot vreugde vir elke leerder,” het Faul gesê.

Te oordeel aan die dawerende applous wat elke leerder ontvang het, is hulle beslis reg om die eisteddfodverhoog aan te durf.

READ ALSO: Dansers bekoor gehoor by vanjaar se Eisteddfod

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button