Middelburg Observer 5 Mei 2023:
The man behind the marathon – Matthew Handley
• Net so voor die Loskopmarathon weer na die Covid pandemie gehardloop is, gesels Matthew Handley met Hein Koch, die man agter dié gewilde marathon.
Hein het vertel dat die Loskopmarathon vir hom soos ’n kind is, want hy het gesien hoe dit groei tot ’n ikoniese gebeurtenis.
“Ek kan nie méér trots wees nie. Dit is werklik ’n eer om geassosieer te word met iets so geliefd soos hierdie. Dit is ’n geweldige groot aspek van my lewe vir 37 jaar en daarvoor is ek opreg dankbaar.”
Hein het ’n sleutelrol gespeel in die daarstel van die marathon 37 jaar gelede om borge en die publiek te oortuig dat dit die moeite werd is om aan te bied.
Hy het inwoners en die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit geprys wat altyd bereidwillig is om hand by te sit as hy gesê het dit is ten bate van die Loskopmarathon.

• Middelburg Observer en webtuiste (Mei 2023-Desember 2023)

Melissa van der Westhuysen se verhaal – Sjani Campher
Melissa van der Westhuysen, ’n enkelma, is om 01:00 op 27 Mei op die hoek van Impala- en Lilian Ngoyistraat van agter af op haar bromponie deur ’n wit dubbelkajuit bakkie gestamp.
Sy was op pad huis toe na haar skof by die ou reservistekantien.
Melissa het op die toneel gesterf.
Tot vandag toe nog is die bestuurder van die voertuig nog nie aangekla nie.
Afriforum se privaat vervolgingseenheid het deel geword van die saak om dit te laat hersien en Wico Swanepoel het weer navraag gedoen oor die saak.
Daar is vir hom gesê dat die speurders se ondersoek nog nie volledig is nie.
• Melissa word oorleef deur haar ma, Estelle, suster Denise en ’n 15-jarige seun.


• Volg die hartverskeurende gebeure soos geskets en opgevolg deur Sjani Campher deur dié skakels en die meegaande berigte te lees.
Middelburg Observer webtuiste, Mei-Junie 2023

Pit bulterriër kos byna ’n man sy hande – Daleen Naude
Hein Janse van Rensburg kan homself gelukkig ag dat hy nog leef nadat die gesin se eie pit bulterriër hom op 28 Mei aangeval het.
Die hond was só aggressief dat hy die hele gesin in die huis vasgekeer het.
Hul hond het sy hande erg verskeur en dokters moes tydens ’n lang operasie veg om sy hande te red.
• Lees weer die skokkende gebeure van die aanval en sy lang herstelpad om weer sy hande te kon gebruik.